top of page

Die UV stel ‘n toep bekend om geldbestuur te versterk

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 17
  • 1 min read

Die Universiteit van die Vrystaat (UV) het hul Good Money Habits-toepassing by die Besigheidskool-ouditorium op die Bloemfontein-kampus bekendgestel. Volgens ‘n aanlyn artikel is die toep 'n gratis platform wat ontwerp is om besighede in townships en informele gebiede met praktiese finansiële bestuursvaardighede te ondersteun. Die toep, met 15 kort, maklik-om-te-gebruik opleidingsvideo's, rus entrepreneurs toe met gereedskap om geldbestuur te versterk. Die video's lei entrepreneurs oor noodsaaklike onderwerpe soos die skeiding van persoonlike en sakefinansies, die bestuur van kontantinvloei en -uitvloei, en die korrekte berekening van wins. Volgens die toep se projekleier en vervaardiger, Prof Frederick Fourie, kan Android-gebruikers die toep gratis gebruik.

 
 
 

Comments


bottom of page