Die UV versterk sy kunsnavorsing met ’n nuwe kunstenaar-in-residensie

Die Universiteit van die Vrystaat (UV) het dr. Dylan McGarry as sy nuwe kunstenaar-in-residensie aangestel. Hy begin in November.
In ’n artikel deur die UV word McGarry beskryf as ’n akademikus, kunstenaar en omgewingspraktisyn wat ondersoek hoe kreatiwiteit kan help om sosiale en omgewingsuitdagings aan te pak.
Hy is ’n senior navorser by Rhodes Universiteit se Sentrum vir Omgewingsleer en mede-direkteur van die internasionale One Ocean Hub-inisiatief. Hy is ook medestigter van Empatheatre, wat teater en storievertelling gebruik om gemeenskappe by gesprekke oor ingewikkelde kwessies te betrek.
Die UV sê sy aanstelling sal samewerking tussen kunstenaars, navorsers, studente en gemeenskappe bevorder, en die rol van die kunste in navorsing en kennisontwikkeling versterk.









Comments