top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die UV vestig SA se tweede veeartsenykundige opleidingsfasiliteit

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jun 18, 2025
1 min read

Die Universiteit van die Vrystaat (UV) beplan om 'n nuwe veeartsenykundige program te vestig. Die program sal slegs die tweede van sy soort in Suid-Afrika wees. Luidens ‘n aanlyn artikel van die UV sluit hierdie inisiatief die ontwikkeling van 'n professioneel geakkrediteerde Baccalaureus in Veeartsenykunde-graad en 'n moderne veeartsenykundige opleidingshospitaal op die Suidkampus in Bloemfontein in. Hierdie stap kom in direkte reaksie op die land se dringende behoefte aan meer veeartsenykundiges, aangesien dié tekort risiko's inhou vir voedselsekerheid, dierewelsyn, openbare gesondheid en landbouproduktiwiteit. Volgens 'n verslag deur die Wes-Kaapse Regering het Suid-Afrika slegs 60 tot 70 veeartse per miljoen mense, dit is ver onder die internasionale norm van 200 tot 400 per miljoen.

 
 
 

Comments


bottom of page