Die Vaaldam se vierde sluis oopgemaak

Apr 6, 2025
1 min read
Weens voortgesette reën is ‘n vierde sluis van die Vaaldam in die opvangsgebied van die Vaalrivier oopgemaak. Maroela Media berig die damvlak staan tans op 107.82%. Volgens die woordvoerder van die Departement van Water en Sanitasie, Mawasa Wisane, is die huidige vrystelling van water steeds binne die veilige bedryfslimiete en gaan na verwagting nie tot die oorstroming van oewers verder rivieraf lei nie. Diegene langs die oewers van die Vaalrivier is wel gevra om waardevolle toerusting, mobiele infrastruktuur en vee te verskuif om enige moontlike skade te voorkom. Hy voeg by die verhoogde wateruitvloei uit die Vaaldam sal die Bloemhofdam na verwagting binne drie of vier dae bereik.








Comments