top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die vader van Afrikaanse rock word pa op 80

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Mar 16
  • 1 min read

Die vader van Afrikaanse rock-musiek word op 80 pa. Anton Goosen se vrou, Estie, is 23 weke swanger.


Netwerk24 berig die paartjie het verlede naweek met Anton se verjaardagvieringe die pienkvoet ook gevier.


Estie sê die ondersteuning van hul vriende was so uit die bloute, en baie spesiaal. Anton sê dit voel soos ’n oorstootdrie in beseringstyd.


Die paartjie, wat saam 120 jaar oud is, verwag 'n seuntjie.


Anton Goosen. FOTO: Facebook
Anton Goosen. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page