Die Valke moet ‘n Bloemfonteiner se vermiste goudstawe opspoor
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 15, 2025
- 1 min read
‘n Aansoek van ‘n Bloemfonteinse sakeman teen die minister van polisie en die Valke om 20 goudstawe op te spoor nadat hy vroeër vanjaar in ‘n klopjag aangekeer is, is toegestaan. Volgens Netwerk24 voer Daniel Schubert aan dat hy in hegtenis geneem is toe hy oppad was om 100 goudstawe in Kempton Park te gaan verkoop. Hy is in Gauteng aangekeer en die stawe is konfiskeer. Terwyl hy in aanhouding was het 20 van die stawe, met ‘n waarde van R5 miljoen, glo weggeraak. Schubert het ‘n klag van gewapende roof, diefstal en die peuter met bewysstukke teen lede van die polisie ingedien. Luidens ‘n verklaring was Schubert in hegtenis geneem na hy nie aan die polisie dokumentasie kon gee dat hy die materiaal mag vervoer nie.






Comments