Die Valke ontbloot bedrog in die Vrystaat
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jan 12
- 1 min read
Updated: Jan 13
Die Valke se eenheid teen ernstige korrupsie het die kantore van die Moqhaka plaaslike munisipaliteit in Kroonstad vir bedrog korrupsie ondersoek.
Bloem Express berig in 2022 is 'n kontrak aan Korone Engineering Co toegestaan vir afvalwaterbehandeling en om riool- en waterpompstasies vir drie jaar te onderhou. Ondersoekers het egter bevind dat die munisipaliteit meer as R6 miljoen aan Korone Engineering betaal het vir dienste en goedere wat nooit gelewer is nie.
Munisipale werkers word ook geïmpliseer vir die goedkeuring en erkenning dat dienste en goedere gelewer is ten spyte van die bewyse.
Dokumentasie en ander bewysstukke is gekonfiskeer as deel van die voortdurende ondersoek. Die Valke bevestig ondersoeke duur voort om die volle strekking van die bedrog te bepaal.







Comments