Nersa se voorsitter bedank
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 1 hour ago
- 1 min read
Die nasionale energiereguleerder, Nersa, se voorsitter, Thembani Bukula, het bedank.
Maroela Media berig Bukula, wie se pos deeltyds was aangesien hy ook as uitvoerende hoof van die energiehandelaar PowerX gedien het, gaan op sy gesondheid fokus. Sy laaste dag was reeds op 15 Junie.
Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê Nersa se ondervoorsitter, Ria Govender, sal volgens Nersa-wet as voorsitter dien totdat die pos permanent gevul word.
Rosestad-nuus het vroeër berig Nersa word versoek om te verduidelik waarom hy in Februarie weer besluit het om Eskom ’n bykomende R54 miljard aan inkomste toe te staan, en kragtariewe te verhoog om dié geld in te vorder.








Comments