top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die Valke ontmantel ’n onwettige Med-Lemon-laboratorium

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 17
1 min read

Die Valke in die Wes-Kaap het gister ’n 42-jarige verdagte in hegtenis geneem nadat hulle ’n onwettige laboratorium in Rondebosch ontmantel het.


Die man is aangekla van die oortreding van die Wet op die Beheer van Medisyne en sal na verwagting Maandag in die Wynberg-landdroshof verskyn.


Valke-lede het die laboratorium tydens ’n intelligensiegedrewe operasie ontdek. Hulle het masjinerie gevind wat na bewering gebruik is om Med-Lemon te vervaardig, asook bokse met sakkies Med-Lemon.


Die Valke sê die waarde van die Med-Lemon is nog onbekend.


Med-Lemon. FOTO: YMS
Med-Lemon. FOTO: YMS

 
 
 

Comments


bottom of page