top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die Valke red 11 kinders uit beweerde onwettige kinderhuis

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Apr 2, 2025
  • 1 min read

Die Valke het 11 kinders, tussen die ouderdom van 13 en 17 jaar oud, uit ‘n beweerde ontwetting skuiling vir behoeftige kinders gered. Maroela Media berig die Valke het op die sentrum in Schoemansville, naby die Hartbeespoortdam, toegeslaan nadat inligting ontvang is dat die kinders na bewering uitgebuit en aangerand word. Die 57-jarige hoof van die organisasie is ook in hegtenis geneem nadat drie ongelisensieerde vuurwapens, 51 patrone en plofstof by die skuiling gevind is. Die man, ‘n oud valskermsoldaat in die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, sal na verwagting vandeesweek nog in Brits se landdroshof op aanklagte wat verband hou met die onwettige besit van vuurwapens verskyn. Bykomende klagte kan dalk volg namate die ondersoek na die beweerde mishandeling van die kinders vorder.

 
 
 

Comments


bottom of page