top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die Valke slaan toe op ‘n beweerde brandstofdief

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 3 days ago
  • 1 min read

Transnet Pipelines (TPL) het die inhegtenisneming verwelkom van ’n man wat glo deel is van ’n brandstofdiefstalsindikaat wat oor verskeie provinsies opereer.


Die verdagte, Sam Maswanganye, word verbind met voorvalle in die Vrystaat, Gauteng en Noordwes.


Maroela Media berig hy is deur die Valke, saam met sekuriteitsmaatskappye, by ’n huis in Witbank in hegtenis geneem.


Owerhede het tydens die operasie beslag gelê op toerusting wat glo gebruik is om brandstof uit pyplyne te steel, insluitend ’n kragopwekker, slyp- en boortoerusting, asook pyptoebehore en voertuie. Houers met spore van petroleumprodukte is ook op die toneel gevind.


Volgens TPL se uitvoerende hoof wys die arrestasie op verskerpte pogings om dié tipe georganiseerde misdaad hok te slaan.


Maswanganye sal na verwagting die week in die Sasolburg-landdroshof verskyn, waar hy om borgtog sal aansoek doen.


Owerhede waarsku dat verdere inhegtenisnemings moontlik kan volg namate ondersoeke voortduur.


Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media
Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page