Die Valke trek mensehandel-verdagtes in Bayswater vas
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Feb 27, 2025
- 1 min read
Verdagtes wat van mensehandel aangekla word sal binnekort hul eerste verskyning in die Bloemfonteinse landdroshof maak. Die vier staan ook volgens ‘n mediaverklaring van die Valke op aanklagte van die ontwettige besig van dwelms, Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag uniforms asook vuurwapens en ammunisie tereg. ‘n 39-jarige Bloemfonteinse vrou is na bewering, met beloftes van ‘n beter lewe na ‘n huis in Bayswater gelok. Luidens berigte is daar vir die slagoffer kos en nuwe klere gekoop. Dinge het egter begin skeef loop toe verdagtes haar dwelms gevoer het en seksueel aangerand. Daar is vroeër die week tydens ‘n gesamentlike polisie-operasie op twee huise toegestaan waar dié vier verdagtes in hegtenis geneem is.






Comments