top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die Vergoedingsfonds ontken dat bodspesifikasies gemanipuleer word

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jul 17
  • 1 min read

Die Vergoedingsfonds het bewerings verwerp dat verkrygingsprosesse gemanipuleer en bodspesifikasies verander word om spesifieke diensverskaffers te bevoordeel.


Volgens die fonds word verkrygingsbesluite deur gevestigde bestuursstrukture geneem en nie deur individue wat onafhanklik optree nie.


Die fonds ontken ook bewerings dat dié strukture omseil word om voorafbepaalde uitkomste te bereik.


Verder sê die fonds die aanstelling van sy hoof- finansiële beampte het 'n oop en mededingende werwingsproses gevolg.


Die fonds sê hy bly verbind tot wettige administrasie en sal met enige ondersoek deur toesighoudende of wetstoepassingsowerhede saamwerk.


Ter illustrasie. FOTO: FHBC
Ter illustrasie. FOTO: FHBC

 
 
 

Comments


bottom of page