Die verhoor van 62 beweerde aanhitsers begin

Jul 27
1 min read
Die verhoor van 62 mense wat daarvan beskuldig word dat hulle die onrus van Julie 2021 aangehits het, begin na verwagting Maandag in die hooggeregshof in Durban.
Die beskuldigdes staan tereg op aanklagte wat onder meer aanhitsing tot openbare geweld, terrorisme en sameswering om moord te pleeg insluit.
Hulle is intussen op streng borgtogvoorwaardes uit.
Die verhoor sou verlede week begin, maar is uitgestel omdat sommige van die beskuldigdes nie regsverteenwoordiging gehad het nie.
Die onrus het 354 mense se lewens geëis en sowat R50 miljard se ekonomiese skade veroorsaak.









Comments