top of page

Die verhouding tussen SA en die VSA vereis rasionaliteit

  • Writer: Saamgestel deur Jana Roos
    Saamgestel deur Jana Roos
  • Dec 22, 2025
  • 1 min read

Dit sal rasionaliteit, menslikheid en strategiese dringendheid verg om Suid-Afrika se verhouding met sy tweede grootste handelsvennoot, die Verenigde State van Amerika, te herstel.


Dit is volgens die Adjunkminister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Alexandra Abrahams, wat verlede maand in haar amp beëdig is.


Die spanning tussen die twee lande het vanjaar versleg ná valse bewerings van ’n volksmoord teen Afrikaners in Suid-Afrika.


Abrahams sê dit sal nie maklik wees om te bekamp wat sy ’n doelbewuste waninligtingsveldtog noem nie.



Sy voeg by dat die departement nie ledig kan sit en wag dat die situasie homself oplos nie, en dat Suid-Afrika realisties moet wees oor wat op die spel is.


GRAFIKA: Pinterest
GRAFIKA: Pinterest

 
 
 

Comments


bottom of page