top of page

Die VSA se tariewe begin nou in SA se betalingsbalans wys

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Dec 5, 2025
  • 1 min read

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank sê die nuwe Amerikaanse tariewe begin nou in Suid-Afrika se betalingsbalans wys, met voertuig- en vervoertoerustinguitvoere wat in die derde kwartaal ’n knou gekry het.


’n Skerp styging in platinumgroepmetaal-uitvoere na die VSA het egter die impak versag.


Die lopende rekeningtekort het tot R57 miljard verklein, hoofsaaklik weens laer dividendbetalings aan buitelandse beleggers. Dit is 0,7% van die land se BBP.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

Comments


bottom of page