Die VSA se tariewe begin nou in SA se betalingsbalans wys

Dec 5, 2025
1 min read
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank sê die nuwe Amerikaanse tariewe begin nou in Suid-Afrika se betalingsbalans wys, met voertuig- en vervoertoerustinguitvoere wat in die derde kwartaal ’n knou gekry het.
’n Skerp styging in platinumgroepmetaal-uitvoere na die VSA het egter die impak versag.
Die lopende rekeningtekort het tot R57 miljard verklein, hoofsaaklik weens laer dividendbetalings aan buitelandse beleggers. Dit is 0,7% van die land se BBP.









Comments