Die Verkiesingshof beboet die Good-party
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 1 hour ago
- 1 min read
Die Verkiesingshof het die Good-party gelas om R90 000 te betaal vir die oortreding van die Wet op Politieke Befondsing.
Die hof het die party skuldig bevind aan versuim om ’n skenking wat hulle ontvang het, bekend te maak.
Die hof het ook die skenkermaatskappy, Electrox Properties, gelas om ’n boete van R40 000 te betaal vir die oortreding van dieselfde wet.
Good se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê hulle sal verlof om teen die hof se bevinding te appelleer, versoek.
LUISTER HIER:
260827nBrettHerronCourt








Comments