Die verkragter van 'n vierjarige van Thaba Nchu sit lewenslank
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 12
- 1 min read
‘n Herhaalde verkragter is terug in die tronk, die keer om lewenslank sonder die moontlikheid van parool te sit vir die verkragting van ‘n vierjarige kind.
Nova News berig Thapelo Johannes Ntoagae is in die Thaba Nchu streekshof in die Vrystaat gevonnis vir die verkragting wat in 2023 plaasgevind het.
Daar was nie DNS-bewyse of ooggetuies nie, en weens die slagoffer se ouderdom kon sy nie getuig nie. Die staat kon egter met die hulp van mediese verslae en slagoffer-impak-verklaring ‘n sterk omstandigheidsgeval saamstel.
Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Mojalefa Senokoatsane, sê die verdagte het vorige skuldigbevindings vir verkragting wat terug dateer na 2002 en 2008, waarvoor hy 20 jaar tronkstraf gevonnis is. Hy was uit op parool ten tyde van die tweede geval.





Comments