top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die verlies van opwekkingseenhede noodsaak beurtkrag

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Mar 20, 2025
1 min read

Eskom sê alhoewel hulle noemenswaardige vordering in hul opwekkingsherstelpogings gemaak het, het hulle die verlies van vyf opwekkingseenhede voor spitstyd in die gesig gestaar. Gevolglik was Fase 2-beurtkrag vanaf Woensdagaand tot Donderdag 5:00 ingestel. Luidens ‘n boodskap op sosiale media gaan Eskom voort om beplande instandhouding te prioritiseer om sodoende te verseker dat hulle stelsels versterk en betroubaar voor die wintermaande is. In die lig van die voortdurende stelselbeperkings het Eskom ‘n beroep op die publiek gedoen om elektrisiteit spaarsamig te gebruik.

 
 
 

Comments


bottom of page