Die vermeende Bloem-middestadrowers se saak word uitgestel
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Apr 1, 2025
- 1 min read
Dertien van die vermeende middestadrowers wat betrokke was by rooftogte in Bloemfontein se sakekern, se saak by die stad se landdroshof is met ’n week uitgestel. Die polisie het die mans verlede week stuksgewys aangekeer.Beeldmateriaal van die groep se spanpogings om mense van hul besittings te beroof, het verlede week die rondtes op sosiale media gedoen en is ook op Rosestad Nuus se webblad beskikbaar.Elf beskuldigdes het Maandag in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn oor beweerde rooftogte wat in die stad se sakekern plaasgevind het. Volgens is twee beskuldigdes in hul afwesigheid verteenwoordig, aangesien hulle ná hul inhegtenisneming in die hospitaal opgeneem is.Die beskuldigdes staan tereg op aanklagte van roof, terwyl beskuldigde nommer 11 ook van korrupsie en die besit van vermoedelik gesteelde goedere aangekla word. Die saak is tot Maandag uitgestel vir borgtogaansoeke en adresverifikasie.







Comments