Varkhok-saak: Die vermeende skieter was glo te geskok om die polisie te ontbied
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Oct 8, 2025
- 1 min read
Die man van Polokwane, wat saam met ʼn Zimbabwiër aangekla word van die skietdood op twee vroue wie se liggame in ʼn varkhok gelaat is, beweer hy was so geskok dat hy nie reguit gedink het nie, en dus eers drie dae later die polisie in kennis gestel het.
Maroela Media berig Zacharia Johannes Olivier en William Musora se verhoor vir die moord op Maria Makgatho en Lucia Ndlovu het Dinsdag in die Polokwane-hooggeregshof begin.
Die staat voer aan die moord is met voorbedagte rade uitgevoer. Olivier erken sy vuurwapen en ammunisie is onwettig, maar hy was onder die indruk die slagoffers was onwettige betreders op sy eiendom.
Nog 'n werknemer, Adriaan de Wet, het hom vergesel terwyl hy ondersoek instel.
Olivier sê hy het toe waarskuwingskote afgevuur, waarna hy op 'n liggaam afgekom het. Hy beweer hy was so geskok dat hy paniekerig geword en die toneel onmiddellik verlaat het.
De Wet is voorheen ook aangekla, maar het intussen ʼn staatsgetuie geword en al die aanklagte is teen hom laat vaar.
Die verhoor duur voort.




Comments