Die vermiste helikopter in die Krugerwildtuin is gevind
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Apr 7
- 1 min read
Owerhede het bevestig dat die vermiste helikopter in die Krugerwildtuin opgespoor is. Volgens eNCA is al vier insittendes ongedeerd gevind.
Die helikopter het Maandagoggend kontak verloor tydens ’n roetine-ondersoekvlug. Aan boord was ’n vlieënier, twee lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens en ’n omgewingsmisdaadondersoeker.
Volgens Nova News het die span vroeër vertrek om ’n karkas te ondersoek, waarna kommunikasie met die helikopter verlore geraak het.
’n Grootskaalse soektog is van stapel gestuur, met helikopters en hommeltuie wat ingespan is, hoewel slegte weer die operasie bemoeilik het.
Die presiese omstandighede rondom die voorval en die toestand van die helikopter is nog nie bevestig nie.








Comments