Die vermiste tienermeisie van Gqeberha is gevind

Oct 14
1 min read
Die 14-jarige Allegra Styles wat saam met haar kêrel in Gqeberha vermis geraak het, is veilig en ongedeerd in Noordeinde in dié stad opgespoor.
Maroela Media berig polisiewoordvoerder, kapt. Sandra Janse van Rensburg, sê Allegra se verdwyning is Saterdag deur ’n familielid aangemeld. Die familielid het aan die polisie gesê Allegra is ná ’n beweerde woordewisseling saam met haar kêrel na Kamma Park om ’n partytjie by te woon.
Sy is omstreeks 18:00 die laaste keer gesien.
Janse van Rensburg sê weens die sensitiewe aard van die saak en omdat 'n minderjarige betrek is, kan die polisie nie op hierdie stadium verdere besonderhede bekend maak nie.









Comments