top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die vervalle South Africa House in Londen maak sy deure toe

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 10
1 min read

Die Suid-Afrikaanse Hoë Kommissie in Trafalgarplein in Londen in die Verenigde Koningkryk is hierdie week sonder vooraf kennisgewing gesluit nadat jare se gebrekkige instandhouding die historiese gebou onbewoonbaar gemaak het.


Nova News berig South Africa House, een van Suid-Afrika se mees gesogte buitelandse eiendomme, is onbruikbaar weens onderbroke watertoevoer, stukkende verwarmingstelsels, 'n aanhoudende reuk van urine in verskeie vertrekke, asook 'n vervalle fasade en ingang. Herstelwerk aan die gebou sal na verwagting net minder as R70 miljoen kos.


South Africa House is sedert 1923 op sy prominente ligging aan Trafalgarplein gevestig en dien as die amptelike woning van die Suid-Afrikaanse Hoë Kommissaris. Daar is ook administratiewe kantore vir diplomatieke personeel.


Die afsonderlike afdeling vir Binnelandse Sake en konsulêre dienste in Whitehall in Londen sal egter moontlik steeds voortgaan om dienste te lewer.


South Africa House in Londen, VK. FOTO: Nova News
South Africa House in Londen, VK. FOTO: Nova News

 
 
 

Comments


bottom of page