Die vervoerkomitee wil hê meer verkeersbeamptes moet snags ontplooi word
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 15 hours ago
- 1 min read
Die Portefeuljekomitee oor Vervoer het die Padverkeersbestuurskorporasie versoek om meer beamptes snags op die land se paaie te ontplooi.
Die komitee se voorsitter, Donald Selamolela, het aan eNCA gesê dat baie padongelukke plaasvind wanneer dit donker is en daar beperkte sigbaarheid is.
Hy is ook van mening dat meer ongelukke plaasvind wanneer verkeersbeamptes nie op die paaie is nie.
Selamolela voeg by die komitee wil hê dat beamptes deur die jaar dag en nag ontplooi moet word, nie net gedurende die feestyd nie.







Comments