Die vervolging van beskuldigdes in die Estina-suiwelprojeksaak gaan voort
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Apr 3
- 1 min read
Die direkteur van die Vrystaatse openbare vervolging het beslis dat die vervolging van sewe beskuldigdes in die Estina-suiwelprojeksaak moet voortgaan. Volgens Netwerk24 staan die beskuldigdes in die Vrede Landdroshof tereg weens die beweerde oordreding van verskeie artikels van die dierebeskermingswet. Daar was vroeër berig die multimiljoenrand Estina-saak is in die Bloemfonteinse hooggeregshof van die rol geskrap. Regter Celeste Reinders het destyds gesê dat vertragings wat deur die staat veroorsaak is, dit onredelik maak om met die saak in daardie stadium voort te gaan. Die geding spruit uit beweerde plundering van die Vrystaatse Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling tussen 2012 en 2014. Nagenoeg R228-miljoen het na bewering vanaf die omstrede Estina-suiwelprojek na die Guptas se geldkoffers gevloei.





Comments