Die VF Plus bevraagteken ‘n grondtransaksie van miljoene rande

Die koop van landbougrond langs die Dewetsdorp-pad teen ‘n astronomiese R33.6 miljoen is deur die Mangaung-metroraad goedgekeur. Luidens ‘n mediaverklaring van die VF Plus is dit sowat vyftien keer meer as die markwaarde. Die party voeg by hulle was die enigste party wat teen die koop gestem het, aangesien dit nie net ‘n buitensporige prys is nie maar ook omdat die transaksies slegs een privaat verkoper, in ‘n truststruktuur, sal verrryk. VF Plus-raadslid, Henry Denner, sê verder die metro staar ‘n ernstige behuisingskrisis in die gesig, en indien dié ANC-geleide raad werklik oplossings soek, moet hulle eerder belastinggeld verstandig aanwend om soveel moontlik mense te help en nie net 'n enkele verkoper se sak te vul nie.








Comments