top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die VF Plus dring op ‘n ondersoek na watervermorsing aan

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 18, 2024
1 min read

Watervermorsing by Bethlehem, in die Vrystaat, se watersuiweringsaanleg moet dringend deur die Dihlabeng-plaaslike munisipaliteit ondersoek word, dring die VF Plus aan. Volgens ‘n VF Plus-raadslid, Lieb Liebenberg, gaan skoon drinkwater tydens hierdie kritieke tydperk van waterbeperkings verlore. Alhoewel die burgemeesterskomiteelid van infrastruktuur, Jane Twala, beweer dat dit fonteinwater is, is die VF Plus nie so oortuig daarvan nie. Bethlehem en omliggende gebiede verkeer weens die Hooglandwaterskema wat gesluit is vir roetine instandhouding onder druk. Liebenberg voeg by dat die munisipaliteit alles in sy vermoë moet doen om toe te sien dat watertekorte nie in hierdie tydperk inwoners se krane laat leeg loop nie.

 
 
 

Comments


bottom of page