top of page

Die VF Plus eis aksie oor die 'Kill the Boer'-lied op die Puk-kampus

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 25
  • 1 min read

Die VF Plus eis dat die Noordwes Universiteit (NWU) standpunt moet inneem nadat lede van die EFF die omstrede “Kill the Boer”-lied openlik op die Potchefstroom-kampus tydens ‘n optog gesing het.

Die VF Plus LP en hoofwoordvoerder van onderwys, Wynand Boshoff, het in ‘n mediaverklaring gesê die party voeg sy stem by diegene wat verwag dat die universiteit moet optree. Hy sê die lied, wat onlangs as haatspraak verklaar is, is luidkeels gesing terwyl EFF-lede AfriForum as ‘n “regse terroriste-organisasie” bestempel het.

Nova News berig die VF Plus het ‘n skerp kontras getrek tussen die universiteit se huidige stilswye en die reaksie op ‘n voorval in 2014 toe studente beskuldig is van ‘n “Nazi-saluut” tydens kampusgebeure.

NWU woordvoerder Louis Jacobs sê die optog is soos enige ander op kampus hanteer nadat formeel aansoek gedoen was en dit goedgekeur is.

 
 
 

Comments


bottom of page