Die VF Plus stel 'n parallelle nasionale dialoog voor – sonder die ANC
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 13, 2025
- 1 min read
Die leier van die VF Plus, doktor Corné Mulder stel ’n parallelle Nasionale Dialoog voor sonder die ANC. Dit volg nadat die party Dinsdag aangedui het dat dit ook van die proses onttrek.
Die party beskuldig die ANC dat dit die Nasionale Dialoog gekaap het.
Volgens Eyewitness News meen Mulder die proses moet van voor begin onder leiding van die siviele samelewing en nie die regering nie.
Die Nasionale Dialoog skop Vrydag en Saterdag by Unisa in Pretoria af met ʼn eerste nasionale konvensie.
Die regering hou vol dat die proses positief deur Suid-Afrikaners aanvaar word met oorweldigende belangstelling om deel te neem.






Comments