Die VF Plus vra dat Bloem se storingsterreine ondersoek word
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jan 8
- 1 min read
Die VF Plus-wetgewerlid, Armand Cloete, het ‘n brief aan die kommissaris van die Suid-Afrikaanse Mensregtekomisse gestuur waarin gevra word dat dié instansie die toestande by die noordelike en suidelike stortingsterreine in Bloemfontein ondersoek.
Bloemnuus berig Cloete sê in die brief die stortingsterreine hou ‘n ernstige en voortdurende omgewings- en gesondheidsrisiko vir omliggende gemeenskappe in.
Hy voeg by voortdurende uitdagings sluit onder andere in gereelde en onbeheerde brande, onvoldoende afvalbedekking, swak terreinbestuur asook giftige rookvrystelling.
Daar word verder berig ‘n afvaardiging van die VF Plus, Valerie de Kock het albei stortingsterreine besoek en sê die noordelike stortingsterrein is in ‘n baie beter toestand as die een in die suide.
Volgens De Kock is daar is baie toerusting wat nie werk nie en die publiek stort in hope vullis buite die terrein.







Comments