top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die VF Plus vra vir aksie by ’n Bloemfontein hospitaal

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jan 22, 2025
1 min read

Die VF Plus het die Vrystaatse LUR vir gesondheid, Monyatso Mahlatsi, versoek om dringend die gesondheids- en veiligheidsrisiko's by die Nasionale Hospitaal in Bloemfontein aan te spreek. Luidens ’n mediaverklaring het hulle tydens ‘n inspeksie glo ernstige probleme gevind. Probleme soos gevandaliseerde heinings wat misdadigers toegang gee tot die hospitaal. Die VF Plus beweer mediese afval word in die veld gestort, en asbesstrukture word geplunder. Inwoners van Wilgehof het glo bekommernisse uitgespreek oor die dreigemente van asbes- en mediese afval, sowel as die onveiligheid van die area wat vir dwelmhandel gebruik word. Die VF Plus beklemtoon die erns van die situasie en vra vir dringende aksie om die hospitaal se veiligheid en instandhouding te verbeter. Rosestad-nuus wag nog op die Vrystaatse Gesondheidsdepartement-woordvoerder se terugvoer.

 
 
 

Comments


bottom of page