Die VF Plus vra vir ingryping in 'n Vrystaatse munisipaliteit se finansies
- Saamgestel deur Ilde Roos

- May 29
- 1 min read
Die VF Plus versoek die Vrystaatse LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Saki Mokoena, om in te gryp in die finansiële krisis wat die Masilonyana plaaslike munisipaliteit in die gesig staar.
Die VF Plus sê die munisipaliteit ontvang R157 miljoen in jaarlikse subsidies, maar bestee ongeveer R168 miljoen aan salarisse, voordele en bonusse.
Die party beweer dat die situasie bydra tot swak dienslewering, onbetaalde diensverskaffers en brandstoftekorte vir munisipale voertuie.








Comments