Die VK wys sy nuwe eerste minister aan
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jul 21
- 1 min read
Andy Burnham is nou die Verenigde Koninkryk se eerste minister nadat hy koning Charles III by Buckingham-paleis ontmoet het.
Hy het Maandag amptelik die leisels by Keir Starmer oorgeneem. Starmer het Maandagoggend Downingstraat verlaat en in sy afskeidstoespraak volgehou dat Brittanje tydens sy twee jaar in die amp 'n beter plek geword het.
Nova News berig die 56-jarige Burnham is die sesde eerste minister wat Downingstraat in die afgelope tien jaar betree.
Hy erf egter 'n lang lys uitdagings en sal min tyd hê om sy stempel af te druk. In 'n onderhoud met The Times, wat laat Sondag gepubliseer is, het Burnham gesê hy wil 'n streep trek onder 'n dekade van politieke onstabiliteit.
Hy het net drie jaar om dinge om te keer, aangesien die anti-immigrasieparty, Reform UK, tans die peilings voorloop voor die volgende algemene verkiesing, wat na verwagting in 2029 sal plaasvind.








Comments