top of page

Die vlieënierstaking by FlySafair kan tot meer vlugkansellasies lei

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 25, 2025
  • 1 min read

Die vlieëniersstaking by FlySafair kan tot meer vlugkansellasies lei as dit tot volgende week voortduur.

Die lugredery moet moontlik volgende week vlugte kanselleer, aangesien vlieëniers dalk nie meer wettiglik toelaatbare vliegtyd het nie.

Ingevolge Suid-Afrikaanse regulasies mag vlieëniers slegs 40 uur in enige sewe opeenvolgende dae vlieg en mag hulle nie meer as 60 uur diens in dieselfde tydperk hê nie.

Volgens berigte het die meeste vlieëniers teen verlede Sondag reeds byna 60 vliegure aangeteken.

Byna 200 vlieëniers wat met die vakbond Solidariteit geaffilieer is, staak oor lone en werksomstandighede. Solidariteit en FlySafair moet nog ‘n ooreenkoms bereik sedert die gesprekke Woensdag hervat is.

 
 
 

Comments


bottom of page