Die VN hou ‘n noodvergadering

Jun 23, 2025
1 min read
Die Verenigde Nasies (VN) se Veiligheidsraad het ná die VSA se aanval op Iran die naweek vergader. Volgens die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres, dui die VSA se bombardement van Iranse kernfasiliteite op ʼn gevaarlike wending in ʼn streek wat nie nog ʼn siklus van vernietiging kan verduur nie. Hy sê die VN moet beslissend optree om die gevegte te beëindig en terug te keer na ernstige en volgehoue onderhandelinge oor die Iranse Kernprogram. Intussen het die Suid-Afrikaanse regering ook via ʼn verklaring deur die Presidensie gevra vir dialoog eerder as oorlog. Die woordvoerder van die president, Vincent Magwenya, vra dat die VSA, Israel en Iran, die VN toelaat om hul werk te doen.








Comments