top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die voorgestelde RAF-heffing kry teenkanting

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 14
1 min read

'n Voorgestelde voertuigheffing om die Padongelukkefonds (RAF) te help befonds, kry teenkanting.


SABC News berig die Openbare Diensvereniging meen die regering moet eerder swak bestuur by die fonds regstel as om motoriste vir nog geld te vra.


Die Minister van Vervoer, Barbara Creecy, het gesê die departement ondersoek verskeie befondsingsopsies, waaronder 'n verpligte heffing wat aan jaarlikse voertuiglisensiehernuwings of nuwe voertuigregistrasies gekoppel kan word.


Die Ouditeur-generaal het verlede jaar weer onreëlmatige, vrugtelose en vermorste uitgawes by die RAF uitgewys.


Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media
Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page