Die Voortrekkers vier 95 jaar

Updated: Oct 8
Die Voortrekkers vier Woensdag, 30 September, hul 95ste bestaansjaar met die tema: “Voortrekkers as ligdraers in die wêreld.”
Die organisasie fokus op die ontwikkeling van jongmense deur onder meer praktiese vaardighede, leierskap, diensbaarheid, kultuur en gemeenskapsbetrokkenheid.
Volgens ’n mediaverklaring sê die beweging sy uitdaging is nie net om tradisies te bewaar nie, maar om dit vir ’n nuwe generasie betekenisvol te maak.
Die herdenking word ook met musiek gevier. “Rotsvas” word uitgevoer deur Adam Tas en Liezel Pieters, en is geskryf deur die Bloemfonteiner Nelmari Albertse Oosthuysen, met Christie Schutte as vervaardiger.
Die musiekvideo gebruik KI-tegnologie om historiese gipsmodelle wat met die skeppingsproses van die Voortrekkermonument se marmerfries verband hou, tot lewe te bring.
Só ontstaan ’n treffende brug tussen erfenis en tegnologie – tussen die verhale wat vorige geslagte bewaar het en die nuwe maniere waarop vandag se jongmense dit kan ontdek en beleef.









Comments