top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die Vrystaat en die Noord-Kaap is besorgd oor ’n gebrek aan weiding vir hulle vee

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jan 27, 2025
1 min read

As dit nie binnekort reën nie, sal die droogte graan- en vleispryse beïnvloed. Alhoewel die ergste van die droogtekrisis in Mpumalanga en die Oos-Vrystaat met laat Desember reën afgeweer is, is die res van die Vrystaat en die Noord-Kaap bekommerd. Volgens Maroela Media is hulle bekommerd dat die droogte bitter min weiding vir hul vee kan verseker. Landbou-ekonoom, Prof. Johan Willemse, waarsku dat as dit nie in die volgende 10 dae reën in die res van die Vrystaat en die Noord-Kaap nie, sal daar nie genoeg weiding wees om kuddes deur die winter te dra nie. Die boere sal nie anders kan as om hul kuddes uit te dun nie.

 
 
 

Comments


bottom of page