Die Vrystaat is een van die swakste presterende provinsies
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 23
- 1 min read
Die Ouditeur-Generaal het die Vrystaat geïdentifiseer as een van die swakste presterende provinsies. In reaksie op die kommerwekkende bevindinge in die 2023/24 munisipale oudituitkomste, sal die Portefeuljekomitee oor Samewerkende Regering en Tradisionele Sake (COGTA) 'n nuwe gesamentlike toesigmodel by die Windmill Casino, in Bloemfontein, loods. Luidens ‘n mediaverklaring deur die Parlementere kommunikasiedienste sal die toesigmodel die volgehoue finansiële onderprestasie in munisipaliteite aanspreek. Die Mangaung Metro Munisipaliteit staar lopende saakrisiko's in die gesig en het R194 miljoen in onbestede toelaes vir die 2023/24 finansiële jaar terugbesorg. Ander kwessies sluit in swak gevolgbestuur, ondoeltreffende toesigstrukture, onondersoekte onreëlmatige uitgawes, en 'n afname in die gehalte van basiese dienste en infrastruktuur.





Comments