Die Vrystaat is ‘n brandpunt vir hondsdolheid
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Oct 1
- 1 min read
Altesaam 242 gevalle van hondsdolheid is vanjaar tussen 1 Januarie en 31 Augustus in Suid-Afrika aangemeld, en volgens die direkteur van dieregesondheid van die nasionale Departement van Landbou, is 11 mense al vanjaar weens die siekte oorlede.
Landbouweekblad berig Internasionale Hondsdolheidsdag was die naweek, en volgens die departement is die Vrystaat een van die brandpunt-gebiede in die land.
Die meerderheid van aangemelde sterftes is waar die siekte van besmette honde opgedoen is.
Die departement se veldtog-tema vanjaar is “Tree nou op – jy, ek en die gemeenskap”.
Hiermee wil die departement mense, organisasies en besluitnemers daaraan herinner dat die doeltreffende beheer en voorkoming van hondsdolheid almal se verantwoordelikheid is.






Comments