Die Vrystaat mik om duisende TB-pasiënte weer op behandeling te kry
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Mar 30
- 1 min read
Updated: Mar 31
Die Vrystaatse Departement van Gesondheid hanteer tans sowat 22 000 pasiënte wat hul tuberkulose-behandeling gestaak het.
Volgens SABC News plaas dié tendens groot druk op pogings om TB, een van die dodelikste siektes, hok te slaan.
’n “End TB”-veldtog is intussen in Welkom van stapel gestuur. Voormalige en huidige mynwerkers in die distrik vorm deel van die teikengroep. Inwoners kan ook van die geleentheid gebruik maak om vir TB gekeur en getoets te word.








Comments