Die Vrystaat-nasorgsentrum spog met handgemaakte produkte by die Bloemskou
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 days ago
- 1 min read
Vir die eerste keer in Bloemskou se geskiedenis is daar vanjaar ’n spesiale afdeling vir mense met verstandelike inperkings by die kreatiewe handwerk- en kunsafdeling.
Nova News berig inwoners van die Vrystaat-Nasorgsentrum in Bloemfontein spog nou met hul handgemaakte produkte op die skou.
Die groep werk weekliks saam aan items soos borduurwerk en tolletjiebrei, met van die deelnemers wat ook ander help om hul produkte af te rond.
Die artikels is volgens vanjaar se “Beach Party”-tema gemaak en vorm deel van die skou se uitstallings, wat deelnemers die geleentheid gee om hul talent te wys en deel te wees van die groter skou-ervaring.
Die groep het ook toegangskaartjies ontvang om hul inskrywings self by Bloemskou te gaan besigtig.








Comments