top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Nsfas onttrek befondsing van sommige studente

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 3 minutes ago
  • 1 min read

Die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (Nsfas) het befondsing aan byna 2 600 studentebegunstigdes onttrek.


Dit aangesien hulle nie aan die akademiese vorderingsvereistes voldoen het nie.


Die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, het in ’n parlementêre antwoord onthul dat ’n verdere 9 519 studente op hul uitslae wag, en dat hul befondsing nog nie gefinaliseer is nie.


Die studente wie se befondsing onttrek is, sluit studente in hul finale studiejaar in.


Buti Manamela. FOTO: Facebook
Buti Manamela. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page