top of page

Die Vrystaat se ‘swakste pad’ word herstel

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 18, 2025
  • 1 min read

Konstruksie aan die R708-pad tussen Clocolan en Marquard het begin nadat die pad, wat as die swakste in die Vrystaat beskou word, uit protes gesluit was. LUR Jabu Mbalula het vroeër die week met verteenwoordigers van die Clocolan-boerevereniging en plaaslike taxivernigings vergader. Netwerk24 berig die Departement van Gemeenskapsveiligheid, Paaie en Vervoer sê in ‘n verklaring hulle het gereageer op die eise wat in ‘n memorandum deur die verenigings gestel is. Rosestad-nuus het vroeër berig volgens die bestuurslid van die Clocolan-boerevereniging, Chris Bender, sukkel hulle al amper vier jaar lank dat herstelwerk aan die pad gedoen word.

 
 
 

Comments


bottom of page