top of page

Die Vrystaat verloor miljoene weens swak landelike paaie

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Feb 23
  • 1 min read

Bykans R6,5 miljard gaan vir die Vrystaatse ekonomie verlore weens die swak paaie in landelike gebiede.


Netwerk24 berig dié skoksyfer is Saterdag in Bloemfontein onthul met die ondertekening van die padherlewingsprojek vir landboupaaie in die Vrystaat deur AgriSA, Infrastruktuur SA (ISA) en die Landbousakekamer (Agbiz).


Die eerste fase van die projek is om die data te verkry oor hoeveel swak paaie daar in die landelike gebiede is, en wat die koste daarvan vir die ekonomie is. Mameetse Masemola, hoof van ISA, het gesê daar is 61 181 paaie in die Vrystaat, waarvan 4 965 unieke landelike landboupaaie is.


Die tweede fase van die projek, wat in Maart gaan begin, is die ontwikkeling van die sakeplan.


Vrystaat Landbou vergader Donderdag met die Vrystaatse wetgewer se komitee oor paaie en infrastruktuur, waar hulle hul saak gaan voorlê.


Ter illustrasie. FOTO: Central News
Ter illustrasie. FOTO: Central News

 
 
 

Comments


bottom of page