Die Vrystaat verwelkom geredde leeus en tiere

Aug 18
1 min read
Die Lionsrock Big Cat Sanctuary in Bethlehem in die Vrystaat verwelkom binnekort 15 leeus en tiere uit Argentinië.
Die groot katte is deel van ’n groep van 30 wat deur Four Paws na nuwe tuistes in Suid-Afrika en die Verenigde State verskuif word.
Die diere het voorheen in klein betonhokke by die voormalige Zoo Luján in Argentinië gewoon, wat in 2020 gesluit het.
Four Paws se hoofprogrambeampte, Luciana D’Abramo , sê die leeus en tiere sal lewenslange, spesiegeskikte versorging ontvang wat by hul individuele gedrags- en mediese behoeftes aangepas word.









Comments