top of page

Die Vrystaat verwelkom meer as 30 Kersbabas

  • Writer: Saamgestel deur Jana Roos
    Saamgestel deur Jana Roos
  • Dec 26, 2025
  • 1 min read

Die Departement van Gesondheid het 714 babas verwelkom wat tussen middernag en middag op Kersdag in openbare gesondheidsfasiliteite regoor die land gebore is.


In die Vrystaat was daar teen 14:00 32 babatjies gebore – met die provinsie se eerste bondeltjie vreugde wat twee minute na middernag by die Elizabeth Ross Hospitaal in QwaQwa gebore is.


Die departement het gesondheidswerkers geloof vir hul toewyding, en moedig ouers aan om eksklusiewe borsvoeding en immunisering te bevorder om babas teen voorkombare siektes te beskerm.


Die eerste Kersbaba van 2025 is om middernag by die Elim-hospitaal in Limpopo gebore.

Kommer is egter uitgespreek oor meer as 30 tienermoeders, sommige so jonk as 15.


Me Sophy Pule (Links) het om 01:34 op Kersdag by die Mofumahadi Manapo Mopeli Regional Hospital in QwaQwa geboorte gestkenk. FOTO: Verskaf
Me Sophy Pule (Links) het om 01:34 op Kersdag by die Mofumahadi Manapo Mopeli Regional Hospital in QwaQwa geboorte gestkenk. FOTO: Verskaf

 
 
 

Comments


bottom of page