top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die Vrystaat word gewaarsku oor hewige donderstorms

  • Writer: Saamgestel deur Jana Roos
    Saamgestel deur Jana Roos
  • Apr 19
  • 1 min read

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het vir Sondag ‘n geel vlak twee-waarskuwing vir hewige donderstorms oor die Vrystaat, Noordwes, Gauteng en die uiterste noordooste van die Noord-Kaap, sowel as op plekke oor Limpopo en Mpumalanga uitgereik.


Dit kan lei tot gelokaliseerde oorstromings van vatbare paaie, laagliggende gebiede en brûe, sowel as gelokaliseerde skade aan infrastruktuur en nedersettings.


Die Weerdiens het ook ‘n geel vlak twee-waarskuwing vir ontwrigtende reënval oor die Stad Kaapstad, sowel as die Stellenbosch en Drakenstein-munisipaliteite van die Wes-Kaap uitgereik.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

 
 
 

Comments


bottom of page