Die Vrystaatse dobbel-, drank- en toerisme-owerheid gaan hersien word
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 29, 2025
- 1 min read
Die Vrystaatse uitvoerende raad, onder voorsitterskap van premier Maqueen Letsoha-Mathae, gaan ‘n span aanwys om die samestelling van die Vrystaatse dobbel-, drank- en toerisme-owerheid te hersien en aanbevelings te maak oor beleide wat die uitreiking van drank- en dobbellisensies in die provinsie reguleer.
Ander kwessies wat die span moet takel, sluit in die begroting, kontrakbestuur, die agterstand met en beoordeling van lisensieaansoeke, sowel as die instandhouding van die Phakisa-renbaan buite Welkom.
Motorsport Suid-Afrika het die renbaan se lisensie om wedrenne aan te bied tydelik herroep aangesien dit nie aan die vereiste veiligheidstandaarde voldoen nie.
Die owerheid moet ook die groeiende getal drankwinkels in gemeenskappe takel.






Comments